‘n Makelary met meer as 316 jaar se kumulatiewe ervaring in versekering aan boord

NWK4Sure Makelaars is ‘n toonaangewende versekeringsmakelary met ‘n netwerk van agt takke in Noordwes.

Die maatskappy het op 1 Junie 2021 tot stand gekom, toe die oudste landboubesigheid in Suid-Afrika, NWK in Lichtenburg, hande gevat het met NWK4Sure Makelaars van Ventersdorp om ‘n dinamiese eenstop versekering- en finansiële dienstehuis te vestig.

‘n Gesamentlike behoefte aan die absolute tevredenheid van ons kliënte vorm die passie waarmee veral die landbougemeenskap asook individuele en besigheidskliënte bedien word. Met kliëntefokus en innovasie as motivering, gee NWK4Sure Makelaars se leuse, naamlik “Om die toonaangewendste makelary van keuse te wees,” die deurslag.

Van eenmansaak tot korporatiewe vennootskap

NWK van Lichtenburg het op 1 Junie 2021 ‘n belang bekom in ‘n plaaslike versekeringsmakelaar in Ventersdorp wat eers as NWK & IP Makelaars bekend gestaan het. In 2022 verkry NWK ‘n meerderheidsbelang en is NWK4Sure Makelaars gebore. Die hoofkantoor is tans in Snymanstraat 7 & 9 in Ventersdorp geleë as NWK4Sure Makelaars.

Meer oor ons dienste
NWK se sakefilosofie is om ‘n dinamiese vennoot in veranderende boerdery-omgewing te wees

Die hande vat met NWK4Sure Makelaars as sakevennoot in die versekeringsarena, vorm deel van die groep se fokus op kliëntediens en -tevredenheid en die voortdurende belyning van hul sakebelange hiermee.

Met sy hoofkantoor op Ventersdorp en takke op Potchefstroom, Coligny, Koster, Lichtenburg, Sannieshof, Delareyville en Zeerust, is NWK4Sure Makelaars ‘n passievolle onderneming met ervare en hoogs gekwalifiseerde personeel, wat in kumulatiewe jare meer as 316 jaar ervaring in die bedryf het.

Só klop ons hart

Visie

’n Ongeëwenaarde krag in die versekeringmakelaarsbedryf wat deurlopend die goue standaard vir innovasie, uitsonderlike diens en strategiese insig daarstel en die vertroue asook finansiële sekuriteit van ons gewaardeerde kliënte koester.

Missie

Om die toonaangewendste makelary van keuse te wees.

 

Waardes

Direksie

NWK4Sure Makelaars se direksie bestaan uit aangewese verteenwoordigers vanuit die twee entiteite waaruit die makelary saamgestel is.

Hoof Uitvoerende Beampte/
Finansiële Adviseur

B.Com. Bedryfs- en Bestuursrekeningkunde

Nie-uitvoerende Direkteur/
NWK Beperk Groephoof-
Uitvoerende Beampte

Geoktrooieerde Rekenmeester (SA): Ouditkunde en Risikobestuur

Nie-uitvoerende Direkteur/
Groephoof- Finansiële Beampte van NWK:
Batebestuur en Risikodienste

Geoktrooieerde Rekenmeester (SA): Ouditkunde en Risikobestuur

Innoverende en allesomvattende versekerings- en finansiële dienste

Ontwerp om ons kliënte volledig te diens.

Dienste

Voldoening aan wetgewing / Compliance with legislation