Bianca Victor (heel regs) het met die louere weggestap as makelaar van die jaar. Anna-Marie van Rooyen (nie-uitvoerende direkteur) en Elretha Kok (HUB) het Bianca geluk gewens.
NWK4Sure Brokers se korttermynafdeling het ‘n goue toekenning van Santam ontvang. Die oorhandiging het op
12 Mei 2026 by Feather Hill in Potchefstroom plaasgevind.
Old Mutual se intermediêre toekennings is op 16 April 2026 in Bloemfontein aangekondig. Tydens die geleentheid, is ons korttermynspan beloon met die Topmakelaar van 2025-toekenning.
NWK4Sure was weer eens op hul pos tydens NWK se jaarlikse klantegholfdag op 24 Februarie 2026 by Lichtenburg Gholfklub. ‘n Waterpunt is beman en die span was uitgevat in kleurvolle, prettige hemde en hoede – eg Suid-Afrikaans.
Die jaareindfunksie op 18 November 2025 by Bona Bona Game Lodge het ‘n wilde jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit.
#want ons woon hier in afrika
ʼn Rolbalaand vir liefdadigheid is gehou te Ventersdorp op 31 Oktober 2025. Die geleentheid was om geld in te samel vir Max making Miles ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom.
Uitblinker-spanlede, waaronder die beste makelaar, beste oesmakelaar en afdeling van die jaar, is op 8 Augustus 2025 tydens NWK4Sure se jaarlikse erkenningsfunksie vereer. Annalie Lourens en Nadia Lourens was aan die stuur van sake met die funksie se reëlings.

Bianca Victor (heel regs) het met die louere weggestap as makelaar van die jaar. Anna-Marie van Rooyen (nie-uitvoerende direkteur) en Elretha Kok (HUB) het Bianca geluk gewens.

Die oesmakelaar van die jaar was Chantel Venter (middel), hier afgeneem saam met Anna-Marie van Rooyen (nie-uitvoerende direkteur) en die HUB, Elretha Kok.

Die mediese versekeringspan is aangewys as die afdeling van die jaar. Anna-Marie van Rooyen (nie-uitvoerende direkteur) het die toekenning oorhandig aan Magda Laubscher, Carina Nel en Elsabe Coetzee.

Die bekende motiveringspreker en skrywer, Jannie Putter (tweede van regs), het die gaste toegespreek. Saam met hom op die foto is Hugo Calitz, operasionele bestuurder by NWK4Shure, Elretha Kok, ons HUB, en Jannie se gade, Tertia.

Geluk aan Louise de Villiers wat vanjaar ‘n “work-a-versary” by NWK4Shure vier.

Rosemary Pretorius is nog ‘n personeellid wat ‘n “work-a-versary” by NWK4Shure gedenk.

Medshield Makelaars se jaarlikse imbizo is op 25 Junie 2025 by Rio Casino in Klerksdorp gehou. NWK4Sure se mediese versekeringspan het die winterkoue getrotseer om die imbizo by te woon. Van links: Carina Nel, Elsabe Coetzee en Magda Laubscher.
Die span van NWK4Sure het 2024 vaarwel geroep met ‘n jaareindfunksie waarvan die tema, “Around the World” was.
NWK4Sure se nuwe Hoofkantoor te Snymanstraat 7 en 9 in Ventersdorp is splinternuut en vertoon uit die boonste rakke. Selfs ons direksie het al ‘n vergadering hier gehou. Kliënte word hartlik uitgenooi om te kom inloer.
‘n Masthead-opleidingsessie vir personeel is op 21 Februarie 2024 by Witkrans Safari Lodge op Ventersdorp aangebied. Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, het die span ook toegespreek.
NWK4Sure het deelgeneem aan Hoërskool Lichtenburg se eerste Loopbaandag in Oktober 2024.

NWK4Sure het in 2024 ‘n goue toekenning by Santam se jaarlikse makelaarstoekenningsfunksie verwerf!
Dit is by Stonehenge River Lodge naby Parys gehou en NWK4Sure Makelaars het die goue toekenning in die Lichtenburg-streek ingepalm vir goeie premiegroei in verhouding met die aantal versekeringseise wat hanteer is.
Van links na regs staan Lana Kruger (NWK4Sure Makelaars Koster), Wynona Steyn (NWK4Sure Makelaars Potchefstroom), Elretha Kock (NWK4Sure Makelaars se uitvoerende bestuurder en direkteur), Marius Prinsloo (Santam se verhoudingsbestuurder), Renet Fourie (Santam se streeksbestuurder), Elma Jansen Van Vuuren (NWK4Sure Makelaars Ventersdorp) en Jeanette Lourens (NWK4Sure Makelaars Ventersdorp).
Baie geluk!

Baie geluk aan die span mediese fondsmakelaars van NWK4Sure Brokers (Pty) Ltd wat weggestap het met die Sales Performance-toekenning van Medshield vir 2023.
Hulle het teen vier ander makelaarshuise meegeding en met die louere weggestap. Die toekennings-
geleentheid is op 22 April 2024 gehou by Rio Casino in Klerksdorp.
Op die foto verskyn van links na regs: Elsabe Coetzee (administrasie en makelaar onder toesig), Magda Laubscher (makelaar: mediese fondse) en Carina Nel (makelaar: lewensversekering en mediese fondse).

Magda Laubscher neem die sertifikaat namens NWK4Sure Brokers (Pty) Ltd se span mediese fondsmakelaars in ontvangs van mnr. Glen Sikosana (uitvoerende hoof: Medshield, nuwe besigheid). Regs is Musa Mashaba (makelaarskonsultant: Medshield mediese fonds).
Baie geluk, ons is trots op julle!